Prospectus

nl en

Sociolinguistics of Afrikaans: Language Contact and Language Variation

Course
2015-2016

Toegangseisen

Taalkundige kennis, vergelijkbaar met twee jaar bachelor Nederlands

Beschrijving

In die kursus in Afrikaanse sosiolinguistiek word Afrikaans in kontak met ander tale in Suid-Afrika bestudeer. Daar word vanuit ’n makro-perspektief aandag gegee aan taalbeleid, die taaldemografie, die funksies wat Afrikaans vir die sprekers verrig, in besonder binne die domein van die onderwys, en die openbare en akademiese diskoers oor die voortbestaan van Afrikaans, waarin daar botsende standpunte na vore kom: ’n siening dat Afrikaanssprekendes besig is om na Engels te verskuif, en ‘n siening dat Afrikaans as taal steeds sal bly voortbestaan. Die noue verhouding met Engels, wat sowel positief as negatief beleef word, geniet deurgaans aandag.
Vanuit interne perspektief word aandag gegee aan die rol wat taalkontak regdeur die geskiedenis van Afrikaans gespeel om die taal te help vorm, met ’n oorsig oor vorme van taalkontak voor die twintigste eeu en groter aandag aan variasie en die verband met taalkontak sedert die begin van die vorige eeu. Afrikaans ontwikkel uit sewentiende eeuse Nederlands, maar deur aanvanklike dialekvermening van Nederlandse dialekte en oor tyd toenemende kontak met ander tale, ontwikkel dit in ’n eiesoortige rigting. Engels is die vernaamste kontaktaal in die onlangse geskiedenis van Afrikaans, en daarom word dit in meer detail as ander kontaktale behandel.
Werkplan
Afdeling A: Eksterne perspektiewe (Prof. A.S. Coetzee-Van Rooy)

Week Tema 1 Taalbeleid en taaldemografie in Suid-Afrika 2 Die taalprofiel van Afrikaanstaliges 3 Tweetaligheid onder Afrikaanssprekendes 4 Afrikaans in die opvoedkundige domein 5 Die voortbestaan van Afrikaans: diskoers van taalbedreiging / verskuiwing 6 Die voortbestaan van Afrikaans: diskoers van taalbehoudAfdeling B: Interne perspektiewe (Prof. A.J. van Rooy)

Week Tema 7 Historiese dialekte van Afrikaans in verhouding tot taalkontak 8 Taalkontak in die Kaapse variëteite van Afrikaans: leksikale verskynsels 9 Taalkontak in die Kaapse variëteite van Afrikaans: fonologiese verskynsels 10 Die ontwikkeling van Standaardafrikaans: die verhouding met Nederlands 11 Die ontwikkeling van Standaardafrikaans: die verhouding met Engels 12 Hedendaagse wedersydse beïnvloeding tussen Afrikaans en Engels### Leerdoelen

  • Jy het insig in enkele sentrale makro-sosiolinguistiese verskynsels soos die resente taalbeleidsposisie van Afrikaans in Suid-Afrika, taaldemografie, die funksies wat Afrikaans vir sprekers verrig en die openbare en akademiese diskoers oor die handhawing en/of bedreiging van Afrikaans asook ’n dieper verstaan van die unieke saambestaan van Afrikaans-Engelse tweetaligheid.

  • Jy kan ’n kort elektroniese vraelys saamstel om taalhoudings van ’n klein groep Afrikaans-sprekendes (5 respondente via e-pos) te toets en die data vaslê, ontleed, interpreteer en inbed in die bestaande literatuur oor die tema.

  • Jy kan die rol van taalkontak op die ontwikkeling van Afrikaans verduidelik.

  • Jy kan taaldata waarin die gevolge van taalkontak sigbaar is, ontleed.

Rooster

Zie het rooster van de Opleiding Nederlandse taal en cultuur.

Onderwijsvorm

Werkcollege

Studielast

Totale studielast is 140 uur

  • College-uren: 2 uur per week x 12 weken = 24 uur

  • Twee huiswerkopdrachten: 2 × 15 uur = 30 uur

  • Voorbereiding twee presentaties: 2 × 13 uur = 26 uur

  • Onderzoek en nota: 60 uur
    De twee nota’s kunnen worden herkanst

Toetsing

Referaat oor Afdeling A: 30% (ca 8-10 bladsye)
Werkstuk oor Afdeling B: 30% (ca 8-10 bladsye)
Mondelinge klasaanbieding: 2 × 10% (15 minute)
Kort geskrewe klasopdrag: 2 × 10% (3 bladsye)

Blackboard

-

Literatuur

Wordt kort voor of bij aanvang van het college bekend gemaakt

Aanmelden

Aanmelden als student via uSis

Aanmelden Studeren à la carte en Contractonderwijs

Aanmelden voor Contractonderwijs via: http://www.hum.leidenuniv.nl/onderwijs/contractonderwijs/

Contact

Voor praktische vragen kun je je wenden tot het secretariaat van de Opleiding Nederlandse Taal en Cultuur/Neerlandistiek. Dit valt onder de Onderwijsadministratie P.N. van Eyckhof 4, kamer 101A. Tel. 071 5272 2604. Het e-mail adres is: osz-oa-eyckhof@hum.leidenuniv.nl.

Opmerkingen